St. Peter - dis hoe dit begin het.

about 1St.-Peter-Gemeente 125 jaar oud:  Wie weet eintlik nog, hoe dit alles begin het?  Meer deeglike inligting is beskikbaar in die „Festschrift zum 100-jährigen Bestehen der Gemeinde“.

Nogtans gaan ons ook in hierdie boekie ‘n kort samevatting van die vergange gebeurtenisse gee.
Soms moet ons ons vergewis van ons liefde, maar selfs hy wat kan los laat, kan ook werklik lief hê.
In dien verstande onthou ons vandag ons verlede:  Ons gee uitdrukking  aan al ons liefde ten opsigte van hierdie gemeente, maar daarmee laat ons hom ook vry, vir alles wat daar nog mag kom.  Ons dwing hom nie in ‘n vorm om hom daarmee vir goed vas te lê nie.  „Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie ...“ (1 Joh. 3,2).

Die geskiedenis van ons gemeente begin - en hier is dit mooi dat ons uit ons die Festschrift van 1989 kan bywerk -  reeds met al die mense wat aan die bakermat van die mensdom in hierdie land ontgroei het, en met al dié wat later bygekom het.

Die eerste Duitsers het reeds in die 17de eeu an die Kaap aangekom, saam met Jan van Riebeeck.  Later, toe daar in die nuutgestigte hoofstad Pretoria van die land Transvaal baie mense bymekaar gedrom het wat as gevolg van die goudvondse in die Oostransvaal en aan die Witwatersrand ‘n beter bestaan vir hulself verwag het,  het mnr. Knothe van die Berlynse Sending verplig gevoel om die geestelike versorging van eersgenoemdes oor te neem.  Dis daarom dat hy hom bemoei het om in Pretoria sendelingwerk te kan doen.  Sy klem het gelê op die versorging van die swart bevolking met verskeie vlakke van opvoeding en met mediese hulp.

Met hierdie doel is sendeling Friedrich Grünberger in 1886 as sy assistent deur die Berlynse Sending uitgestuur.  Knothe kon as rede vir noodsaaklike ondersteuning deur ‘n kollega aanhaal dat hy hom bykomend toegewy het aan die geestelike versorging van die groeiende getal Duitse immigrante.

‘n Mens kan jou redelik maklik voorstel tussen watter twee vure sendeling Knothe beland het, met sy voorstellings van ‘n opregte Christelike lewe.
Maar uiteindelik het waardering van alle kante vir die vreemde sendelinge die oorwinning behaal; hulle het as gevolg van hulle uitstekende homeopatiese behandelingsmetodes mettertyd by alle dele van die bevolking behoorlike respek verwerf, tot selfs by President Paul Kruger.

In 1866 was daar aan die suidelike rand van Pretoria ‘n Berlynse sendingstasie, ses erwe groot, daar waar vandag se“Burgerspark“ hom bevind.  Op daardie area was daar ‘n baie klein kapel te sien, gemaak van boomstamme en takke en bo-op met ‘n grasdak.   Daarlangs het ‘n armsalige sendinghuis gestaan, met ‘n opelug kookstellasie.  Op daardie area het baie swart mense hulle gevestig wat Christene geword het.  Daar was nie meer voldoende plek vir al die mense wat nog bygekom het nie.

about 2Dit was die rede waarom die sendinggemeente Maart 1870 na die „skoolterrein“ in Boomstraat geskuif het.  Die sendinghuis en die kerk het darem aan hulle ou plek gebly, by Burgerspark.

Die feit dat daar uiteindelik op 28 Junie 1889 ‘n „Duitse Evangelies-Lutherse Gemeente“ gestig is, moet seker gesien word in verband met al die stigtings van Duitse verenigings, ter bevordering van sportaktiwiteite, kultuur en sosiale betrokkenheid.  Hoekom sou hulle nie ook gemeensame geestelike doelstellings op ‘n gekonstitueerde wyse nastreef  nie?   Dit blyk duidelik dat alle „Duitse“ verenigings en bonde in hulle tyd hulle aktiwiteite in wisselwerking met die gemeente bedryf het.

Buitendien het Friedrich Grünberger - net soos sy voorganger Knothe - benewens sy versorging van die sendinggemeente dit as sy taak uitgeken en aanvaar om verantwoordelik vir die plaaslike Duitsers te wees.

Grünberger self meld dat hy sedert 1872 in die klein sendingkerk vir hierdie groep persone ‘n preek in Duits gehou het.  Bywoning van die dienste was nie so oorweldigend nie.  Maar soos Grünberger later na Berlyn skryf:  aangesien byna alle brandewynkroeë in die dorp deur Duitsers bedryf is, het hulle deur onwettige verkoop van brandewyn vir dronkenskap onder die swartmense gesorg en die sending se werk teengewerk.

Ten spyte van die stygende getalle van Duitse immigrante en aankomelinge van ander duitstalige gemeentes in die land, het die gemeente nie gegroei nie omdat, soos Grünberger vermoed het, baie mense gehuiwer het om die godshuis met die sendinggemeente met sy ander wortels te deel.  Die Katolieke kerk het twee priesters in Pretoria gestasioneer om die Lutherane te „pastoreer“.
Om watter redes ookal, Grünberger het uiteindelik aansoek gedoen om as „stasiesendeling“ ontslaan te word sodat hy nog net pastor van die Duitsers kon wees.  Dit is verbasend hoe vinnig daarna ‘n nuwe kerkgebou kon voltooi word.  Pastor Friedrich Grünberger het sy eiendom tot ‘n skenking as bouperseel aan die nuutgestigte gemeente omskep.  Dit was op die hoek van die destydse Skinnerstraat en van der Waltstraat.
Op hierdie perseel vind ons vandag nog ons kerk, alhoewel dit nou ‘n nuwe gebou is wat in 1965 ingewy kon word.  In 2015 kan die St Peter-gemeente dus weer ‘n jubileum vier - hierdie keer ‘n 50ste een.  Dit kan natuurlik ook heeltemal anders gevier word as in hierdie jaar ...

Die gemeente wat in 1889 te Pretoria gestig is, het homself beskou as ‘n gemeente van die Lutherse belydenis.  Dit het tot vandag toe sy invloed behou op sy liturgie, godsdienstigheid, tradisie, en natuurlik op die manier van preek.  Terwyl dit aan die begin van die 20de eeu nog lid was van die Preussische Landeskirche in Duitsland, het die gemeente mettertyd aangesluit by die Evangelies-Lutherse Kerk in Suidelike Afrika.

Die gemeente se geskiedenis is ook deur verskeie historiese omstandighede gevorm.  Dit sou hier te ver gaan om die algehele verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit te stip en om dit aan ons gemeente se geskiedenis te koppel, al sou dit sekerlik ‘n lonende taak wees.

Wat ookal die resultaat daarvan sou wees, kan bes beoordeel word deur diegene wat deur al die jare gehelp het om die lewe van hierdie gemeente te dra en te vorm, en wat ons dank verdien.  In hierdie opsomming van ‘n opsomming kan ons slegs enkele opmerkings bymekaar dra en miskien vrae vra, soos volg

In die Festschrift van 1989 dra een seksie die opskrif  “Die sending is die voorloper van die kerk“, wat sekerlik betrekking het op Grünberger se besluit om sy toekomstige lewe aan „die Duitsers“ te wy.  Alle tydbetrokke „voor“ en „na“ nieteenstaande:  Is dit nie die kerk se taak nie om sending te beoefen, as dit hoegenaamd “ ‘n kerk wil wees?

Die geneë leser het nou die hindernisse waargeneem wat voorkom het dat die voormalige sendinggemeente en die nuwe immigrante ‘n enkele gemeente kon vorm.  Is dit volgens God se wil moontlik dat mense van verskillende wortels nie ‘n enkele gemeente kan wees nie?  Wat is ons aanbod aan vandag se mense?  Wat is dit eintlik wat ons aan die mense vir hulle lewenspad kan gee?  Hoe kan ons hulle oprig en sterk maak, sodat niemand hulle uit sekere lewensbereike kan uitsluit nie?  Soek ons hulle, of moet hulle ons vind?  Wat is eintlik ons bevoegdhede waarmee ons respek kan verwerf, sodat ons ook tekens kan oprig in hierdie wêreld - ter wille van God?

Trinitatis


2 Korinthiërs 13;14

 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal!

Galery

‘Beeld en Bybel’: Dit was die onderwerp van een van die jare wat ter voorbereiding van die Reformasie-gedenkjaar in 2017 gehou is.U sal prentjies sien – nie van bybelse gebeure nie, maar van byeenkomste van ons gemeente as U hier kyk.

Kyk Galery

Kontak Ons

Daar is dikwels klagtes oor hoe moeilik dit is om by ons pastors uit te kom.  Maar u behoort beslis suksesvol te wees as u hier verder kliek.